Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 14 VAN 15

Die Skrif openbaar vir Jesus.

Jesus Christus kom regdeur die Bybel voor. Van die eerste bladsy in Genesis was Hy teenwoordig toe God se woorde die ganse skepping tot stand gebring het — tot die laaste bladsy in Openbaring waar die hele skepping roep om sy wederkoms. Deur die eeue het mense die Skrif deursoek vir iets — miskien vir hoop, dalk troos of gerusstelling, dalk antwoorde of die ewige lewe. Regdeur die hele versameling Bybelboeke wat oor duisende jare geskryf is, deur dosyne skrywers, is daar 'n goue draad wat deur almal loop — Jesus Christus. Die Bybel is die verhaal van God se plan om deur Jesus Christus vir ons in 'n verhouding met Hom te bring.

Wat soek jy in die Skrif? Het jy jou dit al ooit afgevra? Sit 'n bietjie en dink hoekom jy begin het om die Bybel te lees. Hoekom het jy met hierdie leesplan begin? Wat hoop jy om in hierdie hoofstukke en teksgedeeltes te kry? Gebruik vandag se teksgedeelte om jou Bybellees te herfokus op die Skrywer van die Lewe — Jesus Christus. Hy wag om gevind te word in elke interaksie wat jy met hierdie boek het.

Praat met God: Here Jesus, U het Uself deur u Woord aan ons openbaar. Ek dank U daarvoor. Help my asseblief om U raak te sien in die Skrifgedeeltes wat ek elke dag lees. Ek wil die ewige lewe bekom deur 'n verhouding met U. Openbaar Uself aan my wanneer ek U soek. Ek bid dit in u Naam, amen.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.