Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld
Die Skrif maak ons vry.
Vryheid. Dit is waarna die siele van so baie mense regoor die wêreld hunker. Die mensdom werk saam om vryheid oral in die wêreld te vestig. Die beste weergawe van vryheid wat enige nasie kan bied, is sekuriteit of basiese burgerlike vryhede. Jesus bied egter aan ons 'n vryheid wat enige vryheid wat enige nasie kan bied, by verre oortref. Vryheid van skande, vrees, skuldgevoelens, spyt, bitterheid en selfs vryheid van die ewige gevolge van ons selfsugtige keuses om sonde te doen. Jesus bied aan ons vryheid van al hierdie dinge. Soms sit ons egter vas in ons eie kettings in plaas daarvan om met vryheid in ons harte te lewe.
Ons staan nie met vertroue in die vryheid wat deur Jesus se bloed aan ons gebring is nie. Om werklik die vryheid te ervaar wat aan ons gegee is, moet ons weet wat dit is en ons rug op die leuens draai wat ons in die donker wil hou. Ons moet weet wie ons deur Hom is en agterlaat wat ons was.
Vandag se teksvers is Jesus Christus se eie woorde. Hy wil hê ons moet weet wat die waarheid is. Wanneer ons weet wat die waarheid is, gaan ons in staat wees om te lewe in die vryheid van sy genade.
Watter leuens uit jou verlede is daar wat jou nog gevange hou? Watter waarhede is daar wat jy moet aangryp? Vra God om jou te lei na die waarheid in sy Woord wat jou uit die duisternis sal lei.
Praat met God: Hemelse Vader, ek wil in die volheid van die vryheid lewe wat U aanbied. Ek wil ander na dieselfde vryheid lei wat U aan my geskenk het. Help my asseblief om die leuens raak te sien wat my nog gevange hou en lei my na die waarhede in u Woord wat my van daardie kettings gaan vrymaak. In die Naam van Jesus, amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.
More
Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.