Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld
Die Skrif Voed Ons Siele.
Ons liggame beskik oor 'n eetlus wat ons herinner om dit gereeld te voed en dus aan die lewe te bly. Wat herinner jou om jou gees te voed? Om ons verhouding met God te versterk, moet ons dit voed. Die Woord van God is daardie voedsel. Net soos 'n baba wat melk nodig het, het 'n gees wat deur geloof in Christus lewend gemaak is, ook 'n aptyt. Dit is egter so maklik om ons aandag af te lei van die behoefte om in harmonie met hierdie honger en dors te bly. Vermaak en om besig te wees, selfs goeie dinge soos jou gesin en vriende kan jou verhoed om gereeld Bybelstudie te doen.
Jy moet kies om die voeding van jou geestelike groei jou hoogste prioriteit van die dag te maak. In plaas daarvan om dit net op jou taaklysie af te merk en dan met jou dag voort te gaan, moet jy dit tydsaam doen sodat jy dit regtig jou eie kan maak. Ontwikkel jou aptyt vir die Bybel deur jou gewoontes aan te pas. As jy gewoonlik van begin tot einde die Woord deurlees, begin lees dan op verskillende plekke. As jy gewoonlik net een leesplan soos hierdie een op 'n slag doen, kan jy 'n spesifieke Bybelboek kies en dit verskeie kere deurlees. As jy 'n keuse tussen weergawes in jou taal het of 'n ander taal magtig is, probeer dan om 'n ander Bybelweergawe of taal te lees as die een waaraan jy gewoond is.
Kies 'n betekenisvolle gedeelte en lees dit daagliks herhaaldelik totdat jy dit uit die kop ken. Of, eerder as om lukraak 'n gedeelte te kies, verbind jou tot 'n nuwe leesplan voordat jy die huidige een voltooi. Wat gaan jy doen om die voeding van jou siel net so belangrik te maak as die voeding van jou liggaam?
Praat met God: Here, help my om getrou te wees in die lees van u Woord. Wek 'n honger en dors in my om nader aan U te kom deur u Woord. Ek wil hê dat my geestelike aptyt moet groei en my verhouding met U as gevolg daarvan ook moet groei. Help my om u goedheid te ervaar deur dit wat ek elke dag lees. In die Naam van Jesus, amen.

Aangaande hierdie leesplan
Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.
More
Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.