Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 2 VAN 21

Wat is die onvergeeflike sonde waarvan Jesus gepraat het?

Volgens Jesus se woorde in Matteus 12:31, is die onvergeeflike sonde "lastering teen die Heilige Gees". Die sonde waarvoor Hy te staan gekom het, was die doelbewuste verwerping van dit wat die Fariseërs geweet het van God is (sien Johannes 11:48, Handelinge 4:16). Hulle kon nie die werklikheid ontken van wat die Heilige Gees deur Hom gedoen het nie, dus het hulle die werk wat hulle geweet het van God kom, aan die duiwel toegeskryf (Matteus 12:24, Markus 3:22).

Iemand wat nog nooit aan Christus se Goddelike krag en teenwoordigheid blootgestel is nie, kan Hom in hul onkunde verwerp en "kan dit hom vergewe word" (Matteus 12:32) — met die veronderstelling dat die ongeloof deur opregte bekering vervang word. Selfs 'n Fariseër soos Saulus van Tarsis kon vergewe word al het hy "Hom voorheen belaster, vervolg en beledig" of sy volgelinge vervolg — omdat sy ongeloof uit onkunde was (1 Timoteus 1:13).

Diegene wat egter weet dat sy aansprake waar is en Hom nietemin verwerp, sondig "teen die Heilige Gees" — want dis die Heilige Gees wat van Christus getuig en sy waarheid aan ons bekend maak (Johannes 15:26, 16:14-15).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid