Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Ons praat van "omstandighede waaroor ons geen beheer het nie". Niemand van ons het beheer oor ons omstandighede nie, maar ons is verantwoordelik vir die manier waarop ons onsself te midde van ons huidige omstandighede gedra. Twee bote kan in dieselfde wind in teenoorgestelde rigtings vaar, volgens die vaardigheid van die skipper. Die skipper wat sy vaartuig op die rotse stuur, sê hy kon dit nie help nie, die wind was in daardie rigting; die een wat sy vaartuig in die hawe inseil, het dieselfde wind gehad, maar hy het geweet hoe om sy seile te verstel sodat die wind hom in die regte rigting kon neem. Die krag van die vrede van God sal jou in staat stel om jou lewe in die warboel van die gewone lewe in die regte rigting te stuur.
O Here, tot U wend ek my, tot U. Ek is maar 'n hawelose siel totdat U my aanraak met die sekerheid van u vrede en die wonderlike gevoel van u liefde.
OORDENKINGSVRAE:
1. Watter mag het vrede in my lewe?
2. Ontneem ek vrede van sy krag, deur aan te dring dat dit aan my gesonde verstand onderwerp word?
3. Wat kan veiliger wees as om in vrede met 'n liefdevolle God te wees?
Aanhalings uit: "The Moral Foundation of Life" en "Knocking at God’s Door", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting