Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld
Slegs Jesus bevredig ons siele.
Ons het al almal die uitdrukking gehoor "om die leer van sukses te klim". Dalk klim jy die korporatiewe leer op soek na die volgende groot bevordering. Dalk klim jy 'n sosiale leer, gretig om die goedkeuring van die "uitgesoekte" groep mense te kry. Ons almal verstaan hoe dit voel om 'n doel na te streef. Wat gebeur egter as daar nêrens meer is om heen te klim nie?
Saggeus was 'n man wat die hoogtepunt van sy loopbaan bereik het.
Hy was die hoofbelastinginvorderaar, en as sodanig, het hy geweldig baie mag gehad. Dit het gelyk asof Saggeus alles gehad het, maar hy was nie gelukkig nie. Toe Jesus, 'n man wat volgens gerugte mense gesond gemaak en harte verander het, na Saggeus se tuisdorp kom, was Saggeus so gretig om Hom te sien, dat hy in 'n boom geklim het.
Jesus het Saggeus se gretigheid raakgesien, hom geroep om uit die boom te klim en het saam na sy huis gegaan. Daar het Saggeus se lewe verander. Toe Saggeus Jesus ontmoet, het hy uiteindelik verstaan dat dit Jesus was wat hom gered het — nie geld nie. Dit was Jesus wat hom tevrede gestel het — nie geld nie. Dit was Jesus wat hom ware sukses sou bring — nie geld nie.
Wanneer ons aan Jesus as ons Verlosser oorgee, is ons harte nie al wat verander word nie. 'n Hartsverandering loop oor in elke area van ons lewens — selfs ons finansies, terwyl ons begin om na Jesus in plaas van die volgende opwindende ding te soek.
Dink hieroor:
1. Wie kom by jou op as jy dink aan iemand wat "alles het"? Wat van daardie persoon bewonder jy?
2. Het jou definisie om "alles te besit" verander sedert jy Jesus ontmoet het? Hoekom of hoekom nie?
3. Wat sou jy vir God doen as geld nie 'n probleem was nie? Watter stap kan jy vandag neem om gehoorsaam te wees aan dit waarvoor God jou geroep het?
Bid:
Jesus, vergewe my dat ek verlei word om te dink dat meer goed my gelukkig sal maak. Slegs U alleen bevredig my siel!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning
More
We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc