Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 10 VAN 28

Ons almal het soms hulp nodig.

In die grootwordproses leer ons om 'n straat veilig oor te steek en elektriese skokke te vermy. Die lewe sou moeilik gewees het sonder daardie basiese vaardighede. Die vermoë om geld te bestuur is 'n vaardigheid wat min mense leer terwyl hulle grootword, maar geldbestuur is net so noodsaaklik vir 'n gelukkige lewe.

Miskien het niemand ooit tyd afgestaan om jou van persoonlike finansies te leer nie. Of dalk is niemand wat jy ken, goed met geldbestuur nie. Om geldbestuur nie te verstaan nie, is nie iets om oor skuldig te voel of oor skaam te wees nie. Om hulp te vra, is 'n geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer wat die res van jou lewe kan verander.

Die Bybel noem diegene wat nie betroubare raad soek nie, dwase. Die persoon wat nie insette wil hê nie, gee meer daarvoor om om slim te lyk as om slim te wees.

Om te erken dat ons hulp nodig het lyk dalk riskant en dit mag beteken dat ons ons trots moet sluk, maar die beste dinge in die lewe vereis dat ons opstaan ​​en 'n tree in geloof neem. God het aan ons almal unieke gawes en talente gegee om mekaar mee te bemoedig. Sal jy betroubare mense toelaat om jou op die lewenspad te help?

Dink hieroor:
1. Wat is die beste raad wat jy al ooit ontvang het? Hoe het die toepassing van daardie wysheid jou lewe ten goede verander?
2. Wat weerhou jou daarvan om raad oor jou finansies te vra?

Bid:
Liewe Jesus, gee my die moed om hulp te vra wanneer ek dit nodig het.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc