SPREUKE 29:21-22
SPREUKE 29:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy 'n slaaf van kleins af bederf, is hy rebels as hy groot is. 'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie; iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde.
SPREUKE 29:21-22 Bybel vir almal (ABA)
As jy 'n slaaf bederf het vandat hy klein was, dan is hy opstandig wanneer hy groot is. 'n Persoon wat gou kwaad word, laat mense twis, hy laat mense baie sonde doen.
SPREUKE 29:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar. 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
SPREUKE 29:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy 'n slaaf van kleins af bederf, is hy rebels as hy groot is. 'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie; iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde.
SPREUKE 29:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bederf iemand sy slaaf van jongs af, sal hy later opstandig wees. 'n Opvlieënde mens sit 'n stryery aan die gang, en 'n heethoof het baie oortredings.
SPREUKE 29:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat sy dienskneg van kleins af sorgvuldig opvoed, sal hom in die lengte sy seun word. 'n Woedende man verwek twis, en 'n woedende man is oorvloedig in oortreding.