NUMERI 26:52-65
NUMERI 26:52-65 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name. Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word. Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe. Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is. En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete. Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram. En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster. En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar. En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het. En hulle geteldes was drie-en-twintigduisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie. Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo. En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het. Want die HERE het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
NUMERI 26:52-65 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet die land verdeel tussen hierdie families. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie. Jy moet vir 'n groot familie 'n groter stuk grond gee en vir 'n klein familie 'n kleiner stuk grond. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie. Maar jy moet lootjies trek wanneer jy die land verdeel. Die lootjies moet wys watter stuk grond elke familie moet kry, watter grond die groot families moet kry, en wat die klein families moet kry.” Die families in die Levi-stam was Gerson, Kehat en Merari. Ander Levi-families was Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die pa van Amram, en Amram was getroud met Jogebed. Sy is gebore in die land Egipte en sy was van die nageslag van Levi. Sy en Amram het drie kinders gehad: Aäron, Moses en hulle suster Mirjam. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar, maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle met verkeerde vuur vir die Here 'n offer gebring het. Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat 'n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie. Moses en die priester Eleasar het al hierdie mense getel in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Hierdie persone het nog nie gelewe toe Moses en die priester Aäron voorheen die Israeliete in die Sinai-woestyn getel het nie. Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.
NUMERI 26:52-65 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name. Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word. Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe. Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is. En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete. Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram. En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster. En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar. En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het. En hulle geteldes was drie-en-twintigduisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie. Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo. En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het. Want die HERE het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
NUMERI 26:52-65 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Verdeel nou die land tussen die families en gee aan elkeen 'n eiendom volgens sy grootte: aan 'n groot familie 'n groot eiendom en aan 'n klein familie 'n kleiner eiendom. Elkeen moet sy eiendom ontvang ooreenkomstig sy getal. Die land moet verdeel word deur te loot. Elke stam moet 'n eiendom ontvang. Bepaal vir elkeen sy eiendom deur loting tussen die groter en die kleiner stamme.” Die Levifamilies wat getel is, was dié van Gerson, Kehat en Merari en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram, en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam. Aäron was die vader van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. Nadab en Abihu is dood toe hulle ongeoorloofde vuur na die altaar toe gebring het. Die Leviete van 'n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie self eiendom onder die Israeliete gekry nie. Al hierdie mense is getel deur Moses en die priester Eleasar in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan. Onder hulle was daar egter niemand van die Israeliete wat deur Moses en die priester Aäron in die Sinaiwoestyn getel is nie. Die Here het destyds vir daardie Israeliete gesê dat hulle beslis in die woestyn sou sterf. Nie een van húlle het toe oorgebly nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.
NUMERI 26:52-65 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “Onder hierdie mense moet die land met erfreg verdeel word volgens die getal name. Vir dié wat meer is, moet jy hulle erfdeel vergroot; vir dié wat minder is, moet jy hulle erfdeel verklein. Aan elkeen moet sy erfdeel gegee word volgens die getal van dié wat ingeskryf is. Maar die land moet deur loting verdeel word. Volgens die name van hulle voorouers se stamme moet hulle dit as erfenis ontvang. Deur loting moet 'n stam se erfdeel toegewys word, tussen dié wat baie en dié wat min is.” Dit was dié wat ingeskryf is van die Leviete volgens hulle familiegroepe: van Gerson, die Gerson-familiegroep; van Kehat, die Kehat-familiegroep; van Merari, die Merari-familiegroep. Dit was die familiegroepe wat van Levi afgestam het: die Libni-familiegroep; die Hebron-familiegroep; die Magli-familiegroep; die Musi-familiegroep en die Korag-familiegroep. Kehat het Amram verwek. Die naam van Amram se vrou was Jogebed, 'n dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is. Vir Amram het sy Aäron, Moses en Mirjam, hulle suster, in die wêreld gebring. Vir Aäron is Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar gebore. Nadab en Abihu het gesterf toe hulle ongeoorloofde vuur voor die HERE nadergebring het. Dié wat ingeskryf is van die Leviete, al die manlike persone, een maand en ouer, was 23 000. Hulle is immers nie saam met die Israeliete ingeskryf nie, omdat daar nie vir hulle 'n erfdeel gegee is tussen die Israeliete nie. Dit was dié wat ingeskryf is deur Moses en die priester Eleasar, wat die Israeliete in die vlaktes van Moab by die Jordaan, teenoor Jerigo, ingeskryf het. Onder hulle was daar egter nie een van dié wat deur Moses en die priester Aäron ingeskryf is toe hulle die Israeliete in die Sinaiwoestyn ingeskryf het nie. Omdat die HERE vir hulle gesê het dat hulle beslis sal sterf in die woestyn, het nie een van hulle oorgebly nie, behalwe Kaleb, seun van Jefunne, en Josua, seun van Nun.
NUMERI 26:52-65 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Vir hulle moet die land as 'n erfdeel verdeel word volgens die getal name. Aan baie moet jy die meer erfdeel gee, en aan die min sal jy die mindere erfdeel gee; aan elkeen moet sy erfdeel gegee word volgens die wat deur hom getel is. Maar die land moet deur die lot verdeel word: volgens die name van die stamme van hulle vaders moet hulle erwe. Volgens die lot moet die besitting daarvan tussen baie en min verdeel word. En dit is die geteldes van die Leviete volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merari die geslag van die Merariete. Dit is die geslagte van die Leviete: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koratiete. En Kehat was die vader van Amram. En die naam van Amram se vrou was Jogebed, die dogter van Levi, wat haar moeder vir Levi in Egipte gebaar het; en sy het vir Amram gebaar Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster. En vir Aäron is Nadab en Abíhu, Eleasar en Itamar gebore. En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE geoffer het. En hulle geteldes was drie en twintig duisend, almal manlik van 'n maand oud en daarbo; want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat daar geen erfdeel aan hulle gegee is onder die kinders van Israel nie. Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleasar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab by die Jordaan by Jerigo getel het. Maar onder hulle was daar nie een van hulle wat Moses en die priester Aäron getel het toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het nie. Want die HERE het van hulle gesê: Hulle sal gewis in die woestyn sterwe. En daar het geen man van hulle oorgebly nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.
NUMERI 26:52-65 Die Boodskap (DB)
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Verdeel nou die land onder die verskillende stamme. Gee aan elke stam die grond wat hulle toekom volgens die grootte van die stam. Jy moet lootjies trek om te bepaal watter stam watter gedeelte van die land kry. Jy moet die grond volgens die grootte van die verskillende stamme verdeel. Laat die stamme saam lootjies trek. Elke stam moet ’n stuk grond kry.” Die families van die stam van Levi wat getel is, was dié van Gerson, Kehat en Merari en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die oupa van Amram, en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. Nadab en Abihu is mos dood toe hulle vuur en offers na die altaar toe gebring het waarvoor die Here nie gevra het nie. Die Leviete van ’n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete in die sensus getel nie, want hulle het mos nie grond as eiendom gekry nie. Moses en Eleasar het hierdie sensus opgeneem in die vlakte van Moab waar die volk langs die Jordaanrivier regoor Jerigo gekamp het. Toe hulle na die lyste kyk, was daar nie een van die mans se name daarin wat in die vorige sensus in die Sinaiwoestyn getel is nie. Hulle was reeds almal dood, soos die Here belowe het. Die enigste twee wat oorgebly het, was Jefunne se seun Kaleb en Nun se seun Josua.
NUMERI 26:52-65 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het toe vir Moses gesê: “Verdeel nou die land tussen die groepe wat julle getel het volgens elkeen se grootte. Gee vir die groter groepe groter eiendom en aan die kleiner groepe kleiner eiendom, elkeen volgens getal. Verdeel die land deur te loot. Elke stam moet eiendom ontvang volgens hulle telling. Bepaal vir elkeen waar sy eiendom is deur tussen die groter en die kleiner stamme te loot.” Die stam van Levi wat getel is, was die groepe van Gerson, Kehat en Merari. Hulle kleiner families was dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram. Die naam van Amram se vrou was Jogebed. Sy was ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore. Haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam. Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. Nadab en Abihu is egter dood toe hulle verkeerde vuur na die altaar toe gebring het. Die Leviete ouer as ’n maand was in totaal 23 000. Hulle is nie by die res van die Israeliete getel nie. Hulle het ook nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie. Dit is dan die mense wat Moses en die priester Eleasar getel het in die Moabsvlakte by die Jordaan reg teenoor Jerigo. Nie een van hulle was deel van die Israeliete wat Moses en die priester Aäron voorheen in die Sinaiwoestyn getel het nie. Die HERE het vir daardie Israeliete toe al gesê dat hulle in die woestyn sal doodgaan. Dit was net Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun, wat oorgebly het.