Numeri 26

26
Moses en Eleasar tel die Israeliete
1Nadat daar so baie Israeliete gesterf het, het die Here vir Moses en die priester Eleasar seun van Aäron gesê: 2“Julle moet al die Israeliete tel, almal wat 20 jaar oud of ouer is, almal wat oorlog kan maak. Julle moet opskryf uit watter families hulle kom.”
3Moses en die priester Eleasar het toe met die Israeliete gepraat in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Hulle het gesê 4hulle wil weet wie is almal ouer as 20 jaar. Die Here het vir Moses gesê hulle moet dit doen, soos hulle gedoen het toe die Israeliete uit Egipte gekom het.
5Ruben was die oudste seun van Israel. Die families in die Ruben-stam was Henog, Pallu, 6Gesron en Karmi. 7Daar was 43 730 persone in die families van die Ruben-stam.
8Die seun van Pallu was Eliab, 9en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here. 10Toe het die aarde oopgeskeur en die aarde het hulle ingesluk saam met Korag. Die Korag-groep het gesterf toe 250 van hulle manne verbrand het. Hulle het 'n teken geword vir ander mense, 11maar die kinders van Korag het nie gesterf nie.
12Die families in die Simeon-stam was Nemuel, Jamin, Jakin, 13Serag en Saul. 14Daar was 22 200 persone in die families van die Simeon-stam.
15Die families in die Gad-stam was Sefon, Gaggi, Suni, 16Osni, Eri, 17Arod en Areli. 18Daar was 40 500 persone in die families van die Gad-stam.
19Er en Onan was seuns van Juda, maar hulle het gesterf in die land Kanaän. 20Die families in die Juda-stam was Sela, Peres en Serag. 21Die families van die nageslag van Peres was Gesron en Gamul. 22Daar was 76 500 persone in die families van die Juda-stam.
23Die families in die Issaskar-stam was Tola, Puwwa, 24Jasub en Simron. 25Daar was 64 300 persone in die families van die Issaskar-stam.
26Die families in die Sebulon-stam was Sered, Elon en Jagleël. 27Daar was 60 500 persone in die families van die Sebulon-stam.
28Josef was die voorvader van die families van Manasse en Efraim. 29Die eerste familie in die Manasse-stam was Makir, en die mense van Makir was die voorouers van die Gilead-families. 30Die Gilead-families was Iëser, Gelek, 31Asriël, Sekam, 32Semida en Gefer. 33Selofgad seun van Gefer het nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. 34Daar was 52 700 persone in die families van die Manasse-stam. 35Die Efraim-families was Sutelag, Beker en Tagan. 36Sutelag was ook die voorvader van die Eran-familie. 37Daar was 32 500 persone in die families van die Efraim-stam.
Dit was al die families van die nageslag van Josef.
38Die families in die Benjamin-stam was Bela, Asbel, Agiram, 39Sefufam en Gufam. 40Bela was ook die voorvader van die families Ard en Naäman. 41Daar was 45 600 persone in die families van die Benjamin-stam. 42Die familie Sugam was die enigste familie van die Dan-stam. 43Daar was 64 400 persone in die familie van Sugam.
44Die families in die Aser-stam was Jimna, Jiswi en Beria. 45Beria was ook die voorvader van die families Geber en Malkiël. 46Aser het ook 'n dogter gehad, haar naam was Serag. 47Daar was 53 400 persone in die families van die Aser-stam.
48Die families in die Naftali-stam was Jagseël, Guni, 49Jeser en Sillem. 50Daar was 45 400 persone in die families van die Naftali-stam.
51Die Israeliete was almal saam 601 730.
52Die Here het vir Moses gesê: 53“Jy moet die land verdeel tussen hierdie families. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie. 54Jy moet vir 'n groot familie 'n groter stuk grond gee en vir 'n klein familie 'n kleiner stuk grond. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie. 55Maar jy moet lootjies trek wanneer jy die land verdeel. 56Die lootjies moet wys watter stuk grond elke familie moet kry, watter grond die groot families moet kry, en wat die klein families moet kry.”
57Die families in die Levi-stam was Gerson, Kehat en Merari. 58Ander Levi-families was Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die pa van Amram, 59en Amram was getroud met Jogebed. Sy is gebore in die land Egipte en sy was van die nageslag van Levi. Sy en Amram het drie kinders gehad: Aäron, Moses en hulle suster Mirjam. 60Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar, 61maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle met verkeerde vuur vir die Here 'n offer gebring het. 62Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat 'n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.
63Moses en die priester Eleasar het al hierdie mense getel in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. 64Hierdie persone het nog nie gelewe toe Moses en die priester Aäron voorheen die Israeliete in die Sinai-woestyn getel het nie. 65Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.

Tans Gekies:

Numeri 26: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid