JOB 30:20-31
JOB 30:20-31 Bybel vir almal (ABA)
O God, ek het geroep na U en ek het gevra dat U my moet help, maar U het my nie geantwoord nie. Ek staan hier, maar U kyk net na my, U doen niks. U het wreed geword teen my, U jaag my met u sterk hand. U tel my op en U gooi my vir die wind, U gee my vir die stormwind om my heen en weer te ruk. Ja, ek weet dat U my na die dood wil bring, na die plek waarnatoe almal moet gaan. Maar ek het mense altyd gehelp wanneer hulle swaarkry en skree en vra dat iemand hulle moet help. Ek het gehuil saam met die mense wat 'n moeilike lewe gehad het, ek was altyd jammer vir arm mense. Ek het toe gedink dat dit goed sal gaan met my, maar dit het sleg gegaan, ek het gedink dat die lig sal skyn oor my, maar die donker het gekom.” “Alles in my kook, dit word nie stil nie, dit gaan elke dag slegter. Ek lewe elke dag in die donker, die son skyn nie op my nie. Ek staan in die volksvergadering en ek vra dat iemand my moet help. Ek huil saam met die jakkalse, ek is so alleen soos die volstruise. My vel het swart geword, die bene in my is warm van die koors. As ek op my lier speel, dan doen ek dit om 'n klaaglied te sing, as ek die fluit blaas, dan huil ek saam met die fluit.”
JOB 30:20-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand. U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis. Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom. Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie? Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom. Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp. Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise. My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte. So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.
JOB 30:20-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie. Hier staan ek, maar U steur U nie aan my nie. U draai U teen my met u geweld, U val my aan met mag. U tel my op en laat die wind my wegwaai, U ruk my heen en weer in u stormwind. Ek weet dat U my bestem vir die dood, die plek waar alle mense saamkom. Sal ek hier van my puinhoop af dan nie my hand uitsteek om hulp nie? Sal ek in my ondergang nie om hulp roep nie? Het ek nie trane gestort vir dié wat swaarkry nie, het ek nie meegevoel betoon met die armes nie? Ek het toe die goeie verwag, maar rampe het my getref, ek het uitgesien na lig, maar donker het my oorval. Dit kook in my, ek kom nie tot rus nie, dae vol swaarkry bly my inwag. Ek het swart geword, maar nie van sonbrand nie. So staan ek hier tussen julle en roep om hulp. Al broers wat ek het, is die jakkalse; al vriende wat ek het, volstruise. Oor my hele lyf het my vel swart geword, ek gloei van die koors. Al wat vir my oorbly, is 'n treurlied op die lier, 'n lied van trane op die fluit.”
JOB 30:20-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek roep na U, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U kyk net na my. U het wreed geword teenoor my; met u magtige hand behandel U my soos 'n vyand. U tel my op die wind en laat my wegdryf; die stormwind waai my uitmekaar. Ja, ek weet, na die dood laat U my omdraai, die ontmoetingsplek vir almal wat leef. Mens lig tog nie 'n hand teen 'n puinhoop as hy in sy rampspoed om hulp roep nie? Het ek nie gehuil oor dié wat moeilike tye beleef nie? Was my hart nie treurig oor behoeftiges nie? Ja, op die goeie het ek gehoop, maar die slegte het gekom; op lig het ek gewag, maar donker het gekom. My binneste is in beroering, dit kom nie tot rus nie; dae van terneergedruktheid sak op my toe. Met 'n donker gelaat loop ek rond, maar nie as gevolg van hitte nie; ek staan in die byeenkoms op en roep aanhoudend om hulp. 'n Broer van jakkalse het ek geword, 'n vriend van steenuile. My vel het swart geword en dop af, my gebeente gloei van koors. My lier het 'n rouklag geword, my fluit die stem van huilendes.
JOB 30:20-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek roep U aan, en U hoor my nie; Ek staan op, en U sien my nie aan nie. U het my wreed geword; met u sterke hand staan u teen my teë. U hef my op teen die wind; U laat my daarop ry en my besittings ontbind. Want ek weet dat U my tot die dood sal bring en na die huis wat bestem is vir almal wat lewe. Maar hy sal sy hand nie na die graf uitsteek nie, al roep hulle in sy ondergang. Het ek nie gehuil oor hom wat in die moeilikheid was nie? was my siel nie bedroef oor die armes nie? Toe ek die goeie verwag het, het die kwaad oor my gekom; en toe ek op die lig gewag het, het daar duisternis gekom. My ingewande het gekook en nie gerus nie; dae van benoudheid het my verhinder. Ek het rou gegaan sonder die son; ek het opgestaan en in die vergadering geroep. Ek is 'n broer vir drake en 'n metgesel vir uile. My vel is swart op my, en my gebeente is verbrand van hitte. Ook het my siter verander in rou, en my orgaan in die stem van die wat ween.
JOB 30:20-31 Die Boodskap (DB)
Job het vir die Here gesê: “Here, ek roep na U dat U my moet help, maar U wil nie luister nie. Ek staan voor U, maar U steur U nie aan my nie. U is eintlik baie wreed met my. U val my met mening aan. U laat die wind my optel en die storm my ruk en pluk. Ek weet U wil hê ek moet doodgaan. Dit is tog waarheen alle mense op pad is. “’n Mens sal mos nie die rug draai vir iemand wat in die nood is en om hulp roep nie. Ek het mos gehuil oor mense wat deur swaar tye gegaan het. Ek was ook baie ontsteld omdat die arm mense so swaarkry. Daarom het ek gedink dat dit met my goed sal gaan, maar slegte dinge het met my gebeur. Ek het lig verwag, maar donkerte het op my neergesak. Ek is baie ontsteld. Ek voel heeltyd onrustig. Elke dag is ’n dag van swaarkry. My lewe is donker, dit is nie sonskyn nie. Ek staan oop en bloot voor mense en roep uit dat iemand my tog moet help. Maar my geroep is nie veel meer werd as die gehuil van ’n jakkals of ’n volstruis nie. Die vel oor my hele lyf het swart geword. Ek gloei van die koors. My harp speel hartseer musiek en my fluit speel ’n tranerige lied.”
JOB 30:20-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek roep na U, o God, maar U antwoord nie. Ek staan voor U, maar U sien my nie raak nie. U was genadeloos teenoor my. U vervolg my met u groot krag. U tel my op en laat die wind my wegwaai. U gooi my rond in die storm. Ek weet U stuur my na die dood, die bestemming van alles wat leef. “Sekerlik sal niemand die hand lê op ’n stukkende mens wat in sy ellende om hulp roep nie! Het ek nie gehuil oor mense wat swaarkry nie? Was ek nie hartseer oor arm mense se lyding nie? Daarom het ek medelye verwag. Maar in plaas van goed, het kwaad my getref. Ek het gewag vir die lig, maar dit het donker gebly. Ek is ontsteld en rusteloos. My lewe bestaan uit swaarkry. Ek leef in somberheid waar die son nie meer vir my skyn nie. Ek staan op die plein en roep om hulp. Die jakkalse is my broers en ek lewe saam met volstruise. My vel het swart geword, ek brand van die koors. My harp speel ’n treurlied. My fluit begelei mense wat huil.”