2 TESSALONISENSE 3:16-18
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag die Here van vrede self, te alle tye en op elke manier, vir julle vrede gee. Die Here bly met julle almal. Dié groetwoord in my eie handskrif: Van Paulus. Dit is my waarmerk in elke brief. Só skryf ek. Die genade van ons Here Jesus •Christus bly met julle almal!
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Bybel vir almal (ABA)
Ek bid dat die Here wat vrede gee, self vir julle altyd en op baie maniere vrede sal gee. Ek, Paulus, skryf hierdie groete met my eie hand. Ek doen dit in elke brief, sodat julle kan sien hoe ek skryf. Ek bid dat die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle almal.
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees! Die groete van Paulus, met my eie hand, wat 'n teken is in elke brief; so skryf ek. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees! Nou skryf ek met my eie hand. Groete, Paulus. So teken ek elke brief. Dit is my handskrif. Die genade van ons Here Jesus Christus sal by julle almal wees!
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag die Here van vrede self, te alle tye en op elke manier, vir julle vrede gee. Die Here bly met julle almal. Dié groetwoord in my eie handskrif: Van Paulus. Dit is my waarmerk in elke brief. Só skryf ek. Die genade van ons Here Jesus •Christus bly met julle almal!
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Here van die vrede gee julle altyd in alle opsigte vrede. Die Here sal met julle almal wees. Die groete van Paulus met my eie hand, wat die teken is in elke brief: so skryf ek. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal. Amen. (Die tweede brief aan die Tessalonisense is uit Athene geskryf.)
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Die Boodskap (DB)
Die Here het vrede tussen Hom en ons gebring. Mag Hy nou ook aan julle sy wonderlike vrede gee. Mag julle dit op verrassende nuwe maniere in jul eie lewe beleef. Dink daaraan, die Here is altyd by julle almal. Ek self, Paulus, sluit hierdie brief in my eie handskrif af - soos ek in al my briewe maak. Ek, Paulus, stuur hier groete aan julle in my eie hand. Dit is die bewys dat dié brief regtig van my af kom. Tot hier toe het my sekretaris neergeskryf wat ek vir julle wou sê. Maar nou skryf ek self die slotwoorde. Die goedheid van ons Here Jesus Christus bly by julle almal.
2 TESSALONISENSE 3:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. Mag die Here met julle almal wees. DIé GROET SKRYF EK MET MY EIE HAND: VAN PAULUS. MY HANDSKRIF AAN DIE EINDE VAN ELKE BRIEF IS DIE BEWYS DAT EK DIT SELF GESKRYF HET. Mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle almal wees.