SAGARIA 1:17-21

SAGARIA 1:17-21 AFR83

“Roep weer en sê: So sê die Here die Almagtige: My stede sal weer oorstroom word deur voorspoed. Ek, die Here, gaan weer genade betoon aan Sion, Ek gaan Jerusalem weer my woonplek maak.” Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier horings, en ek het vir die engel wat vir my die gesig moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit?” Hy het vir my gesê: “Dit is die horings wat vir Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.” Toe laat die Here my vier ambagsmanne sien, en ek vra: “Wat het hulle kom doen?” Hy het geantwoord: “Daardie horings het die mense van Juda verstrooi en verneder. Die ambagsmanne het gekom om die regeerders van die nasies, die horings wat vir Juda met soveel geweld verstrooi het, die skrik op die lyf te ja en hulle tot 'n val te bring.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor SAGARIA 1:17-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid