Sagaria 1:17-21

Sagaria 1:17-21 DB

Skree weer sodat almal kan hoor wat die Here gaan doen: Hy sê: Ek sal sorg dat dit sommer baie goed met al die mense in Israel gaan. Daar sal meer as genoeg van alles wees. Ek sal ook kyk dat alles weer vir Jerusalem reg verloop. Ek kies Jerusalem as my gunstelingstad.” Sagaria het verder gesê: Ek het weer ’n droom gehad. Daar was vier horings. Toe vra ek vir die engel wat vroeër met my gepraat het: Wat beteken dit wat ek sien? Hy het vir my gesê: “Die vier horings is soos die sterk nasies wat die mense van Juda, Israel en Jerusalem uitmekaar laat spat het.” Toe laat die Here my ook nog vier ambagsmanne sien. Ek het weer gevra: Wat kom hulle hier doen? Hy het geantwoord: “Die horings is die sterk nasies wat die mense van Juda in alle rigtings laat spat het. Hulle het Juda se mense soos groot gekke laat voel. Die ambagsmanne het gekom om hierdie sterk nasies reg te sien. Hulle sal hulle horings breek en so die nasies swak maak. Die nasies gaan lelik verloor.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Sagaria 1:17-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid