SAGARIA 1:17-21

SAGARIA 1:17-21 NLV

Sê dit ook: ‘Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: Die stede van Israel sal weer met voorspoed oorstroom word en die HERE sal weer vir Sion vertroos en Hy sal Jerusalem weer kies as sy eie.’” Ek het opgekyk en vier horings gesien. “Wat is dit?” het ek aan die engel wat met my gepraat het, gevra. Hy het geantwoord: “Hierdie horings verteenwoordig die wêreldmagte wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.” Die HERE het my toe vier ystersmede gewys. “Wat kom hierdie manne doen?” het ek gevra. Die engel het geantwoord: “Die ystersmede kom om die vier horings wat Juda verstrooi en verneder het, te verskrik. Hulle sal die vier horings neergooi en tot ’n val bring.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor SAGARIA 1:17-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid