Sagaria 1:17-21

Sagaria 1:17-21 AFR20

En verkondig ook verder: “So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘My stede sal weer oorloop van goeie dinge. Die HERE sal Sion weer vertroos en Hy sal Jerusalem weer verkies.’ ” ’ ” Ek het opgekyk en gesien: Daar was vier horings! Ek het die engel wat met my praat, gevra: “Wat beteken dit?” En hy het my geantwoord: “Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.” Toe wys die HERE vir my vier ambagsmanne. En ek vra: “Wat kom hierdie manne doen?” Hy het geantwoord: “Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy kop kon optel nie. En hierdie manne het gekom om die horings te verskrik en neer te gooi, die horings van die nasies wat die horing teen Juda gelig het om hulle te verstrooi.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Sagaria 1:17-21