PSALMS 130:1-8

PSALMS 130:1-8 AFR83

'n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes.

Video for PSALMS 130:1-8