Psalms 130:1-8

Psalms 130:1-8 AFR20

'n •Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, HERE. My Heer, hoor tog my stem, laat u ore aandagtig luister na my smeekbedes. As U sondeskuld toereken, HERE – my Heer, wie kan dan staande bly? Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing. Ek wag op die HERE; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop. My hele wese wag op my Heer, meer as wagte op die môre, ja, wagte op die môre. Israel, vestig jou hoop op die HERE; want by die HERE is troue liefde, by Hom is volkome bevryding. Dit is Hy wat Israel bevry van al sy sondeskuld.

Video for Psalms 130:1-8