PSALMS 130:1-8

PSALMS 130:1-8 NLV

Uit die dieptes roep ek na U, HERE, luister tog na my stem, Here. Let tog goed op die smeking van my gebed. HERE, as U ons sondes sou opteken, wie, Here, sou ooit kon bestaan? Maar by U is vergifnis; daarom word U gevrees. Ek wag op die HERE, ek wag, en hoop op sy woord. Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre. Israel, hoop op die HERE, want by die HERE is troue liefde, by Hom is volkome redding. Hy sal Israel bevry van al hulle sondes.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid