Psalms 130:1-8

Psalms 130:1-8 DB

Ek is in groot moeilikheid. Help my asseblief, Here. Moet asseblief nie my probleem miskyk nie. Wys dat U my hulpgeroep hoor. As U die hele tyd mense oor hulle sondes moes verwyt, sou niemand meer kon lewe nie. Gelukkig vergewe U ons sondes. Daarom kyk mense op na U en dien hulle U. Ek vertrou op die Here. Met my hele lewe vertrou ek op Hom. Ek hou vas aan alles wat Hy beloof het. Ek glo Hy sal doen wat Hy belowe het. Ek hou vas aan die Here, meer as wat ’n kleintjie aan sy ma vasklou. Ek sal U nooit los nie. Julle wat die Here liefhet, moet in Hom bly glo, want Hy het sy kinders lief. Hy vergewe hulle weer en weer. Hy sal al die dinge vergewe wat sy kinders verkeerd gedoen het.

Video for Psalms 130:1-8