NEHEMIA 12:1-26

NEHEMIA 12:1-26 AFR83

Hier volg 'n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang. Hulle ampsgenote Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen. Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada; Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua. Tydens die regering van Jojakim was die volgende manne hoofde van die priesterfamilies: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, Adna van Garim, Gelkai van Merajot, Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, Kallai van Sallu, Eber van Amok, Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja. Die familiehoofde van die Leviete is in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf, die priesters tydens die regering van Darius die Pers. Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot met die tyd van Joganan seun van Eljasib. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Regoor hulle was hulle ampsgenote wat die Here moes loof en dank volgens die voorskrif van Dawid, die man van God. Die afdelings het regoor mekaar diens gedoen. Die ander was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat diens gedoen het by die voorraadkamers in die poorte. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.