NEHEMIA 12:1-26

NEHEMIA 12:1-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hier volg ’n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang. Hulle medewerkers Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen. Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada; Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua. In die tyd van Jojakim was die volgende persone hoofde van die priesterfamilies: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, Adna van Garim, Gelkai van Merajot, Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, Kallai van Sallu, Eber van Amok, Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja. Tydens die regering van Darius van Persië, in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua, is die name van die familiehoofde van die Leviete en die priesters opgeskryf. Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot die tyd van Joganan seun van Eljasib. Die leiers van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Oorkant hulle was hulle medewerkers wat die Here moes loof en dank. Die groepe het regoor mekaar gestaan en beurtelings op mekaar gereageer soos Dawid, die man van God, aan hulle voorgeskryf het om te doen. Die ander was Mattanja, Bakbukja en Obadja. Mesullam, Talmon en Akkub was deurwagte wat by die voorraadkamers in die poorte diens gedoen het. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die priester en skrifkenner Esra diens gedoen.

NEHEMIA 12:1-26 Bybel vir almal (ABA)

Hier is die name van die priesters en Leviete wat uit die land Babel teruggekom het saam met Serubbabel seun van Sealtiël en saam met Jesua, Seraja, Jeremia en Esra: Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Meremot, Iddo, Ginnetoi, Abija, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en hulle families in die tyd toe Jesua hoëpriester was. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en ander saam met hom was die hoofde van die mense wat moes sing om vir die Here dankie te sê. Die Leviete Bakbukja en Unni het voor hulle gestaan wanneer hulle gesing het. Jesua was die pa van Jojakim, Jojakim was die pa van Eljasib, Eljasib was die pa van Jojada, Jojada was die pa van Jonatan, en Jonatan was die pa van Jaddua. Die hoofde van die priester-families in die tyd toe Jojakim die hoëpriester was: Meraja was die hoof van die Seraja-familie, Gananja van die Jeremia-familie, Mesullam van die Esra-familie, Joganan van die Amarja-familie, Jonatan van die Malluki-familie, Josef van die Sebanja-familie, Adna van die Garim-familie, Gelkai van die Merajot-familie, Sagaria van die Iddo-familie, Mesullam van die Ginneton-familie, Sikri van die Abija-familie, Piltai van die Minjamin-familie en van die Moadja-familie, Sammua van die Bilga-familie, Semaja van die Joganan-familie, Mattenai van die Jojarib-familie, Ussi van die Jedaja-familie, Kallai van die Sallu-familie, Eber van die Amok-familie, Gasabja van die Gilkija-familie en Netanel van die Jedaja-familie. Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf op die naamlys in die tyd toe Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua die hoëpriesters was. Die name van die priesters is op die naamlys geskryf in die tyd toe Darius koning van die land Persië was. Darius was een van die mense van Persië. Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf in die dagboeke tot in die tyd toe Joganan seun van Eljasib die hoëpriester was. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Die ander Leviete saam met hulle het voor hulle gestaan om die Here te prys en vir Hom dankie te sê. Dawid, die man van God, het gesê die twee groepe moet só oorkant mekaar staan. Die ander hoofde van die Leviete was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat die stoorkamers by die poorte opgepas het. Hulle het dit gedoen in die tyd toe Jojakim, seun van Jesua seun van Josadak, die hoëpriester was. Dit was in die tyd toe Nehemia die goewerneur was en toe die sekretaris en priester Esra daar was.

NEHEMIA 12:1-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra, Amárja, Mallug, Hattus, Segánja, Rehum, Méremot, Iddo, Gínnetoi, Abía, Míjamin, Maädja, Bilga, Semája en Jójarib, Jedája, Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua. En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het. En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan. En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada, en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van Jaddúa. En in die dae van Jójakim was die priesterlike familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremia, Hanánja; van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan; van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef; van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai; van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam; van Abía, Sigri; van Mínjamin, van Moádja, Píltai; van Bilga, Sámmua; van Semája, Jónatan; en van Jójarib, Máttenai; van Jedája, Ussi; van Sállai, Kállai; van Amok, Heber; van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël. Wat die Leviete betref — in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers. Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae van Jóhanan, die seun van Éljasib. En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag: Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte. Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde.

NEHEMIA 12:1-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hier volg 'n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang. Hulle ampsgenote Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen. Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada; Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua. Tydens die regering van Jojakim was die volgende manne hoofde van die priesterfamilies: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, Adna van Garim, Gelkai van Merajot, Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, Kallai van Sallu, Eber van Amok, Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja. Die familiehoofde van die Leviete is in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf, die priesters tydens die regering van Darius die Pers. Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot met die tyd van Joganan seun van Eljasib. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Regoor hulle was hulle ampsgenote wat die Here moes loof en dank volgens die voorskrif van Dawid, die man van God. Die afdelings het regoor mekaar diens gedoen. Die ander was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat diens gedoen het by die voorraadkamers in die poorte. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.

NEHEMIA 12:1-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die volgende is die priesters en Leviete wat saam met Serubbabel, seun van Sealtiël, en Jesua weggetrek het uit die ballingskap: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Mallug, Gattus, Seganja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja en Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hierdie manne was die hoofde van die priesters en hulle stamgenote in die tyd van Jesua. Die Leviete was: Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja wat moes leiding neem met die dankliedere, hy en sy ampsgenote, terwyl Bakbukja en Unni, hulle ampsgenote, volgens diensafdelings teenoor hulle plekke ingeneem het. Jesua het Jojakim verwek, Jojakim het Eljasib verwek, en Eljasib vir Jojada. Jojada het Jonatan verwek, en Jonatan het Jaddua verwek. In die tyd van Jojakim was die volgende priesters familiehoofde: van Seraja se familie was dit Meraja; van Jeremia, Gananja; van Esra, Mesullam; van Amarja, Joganan; van Mallug, Jonatan; van Sebanja, Josef; van Garim, Adna; van Merajot, Gelkai; van Iddo, Sagaria; van Ginneton, Mesullam; van Abia, Sigri; van Minjamin en Moadja, Piltai; van Bilga, Sammua; van Semaja, Jonatan; van Jojarib, Mattenai; van Jedaja, Ussi; van Sallu, Kallai; van Amok, Eber; van Gilkija, Gasabja; van Jedaja, Netanel. Wat die Leviete betref: In die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua is die familiehoofde opgeskryf, ook dié van die priesters, tot met die regering van Darius die Pers. Die nageslag van Levi, die familiehoofde, is opgeskryf in die boekrol met die kronieke, tot in die tyd van Joganan, seun van Eljasib. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua, seun van Kadmiël, met hulle ampsgenote wat, afdeling vir afdeling, teenoor hulle plek ingeneem het om te loof en te dank ooreenkomstig die opdrag van Dawid, die man van God. Mattanja, Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon en Akkub het in afdelings as poortwagte wag gehou by die voorraadkamers van die poorte. Hierdie manne het geleef in die tyd van Jojakim, seun van Jesua, seun van Josadak; en ook van Nehemia, die •streekgoewerneur, en Esra, die priester en skrifgeleerde.

NEHEMIA 12:1-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel, die seun van Sealtiël, en Jesua opgetrek het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluch, Hattus, Segánja, Rehum, Meremot, Iddo, Ginnetho, Abia, Miamin, Maadja, Bilga, Semaja en Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Hilkia, Jedaja. Dit was die owerstes van die priesters en van hulle broers in die dae van Jesua. Verder die Leviete: Jesua, Binnui, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja, wat oor die danksegging was, hy en sy broers. Ook Bakbukja en Unni, hulle broers, was teenoor hulle in die wagte. En Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim was ook die vader van Eljasib, en Eljasib was die vader van Jojada, En Jojada was die vader van Jónatan, en Jónatan van Jaddua. En in die dae van Jojakim was priesters, familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremia: Hanánja; Van Esra, Mesullam; van Amarja: Jóhanan; Van Melicu, Jonatan; van Sebanja: Josef; Van Harim, Adna; van Merajot, Helkai; Van Iddo, Sagaria; van Ginnethon, Mesullam; Van Abia: Sigri; van Miniamin, van Moadja, Piltai; van Bilga, Sammua; van Semája: Jonatan; En van Jojarib: Mattenai; van Jedaja, Ussi; Van Sallai, Kallai; van Amok, Eber; Van Hilkía: Hasabja; van Jedaja, Netaneel. Die Leviete in die dae van Eljasib, Jojada en Jóhanan en Jaddua, was opgeteken as familiehoofde: ook die priesters tot die regering van Daríus, die Pers. Die seuns van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die Kroniekboek tot op die dae van Jóhanan, die seun van Eljasib. En die owerstes van die Leviete was: Hasabja, Serebja en Jesua, die seun van Kadmiël, met hulle broers teenoor hulle, om te loof en te loof, volgens die bevel van Dawid, die man van God, teenoor mekaar. Mattánja en Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon, Akkub was poortwagters wat die wagte by die drumpels van die poorte gehou het. Dit was in die dae van Jojakim, die seun van Jesua, die seun van Josadak, en in die dae van Nehemia, die goewerneur, en van Esra, die priester, die skrywer.

NEHEMIA 12:1-26 Die Boodskap (DB)

Die volgende is ’n lys van die priesters en Leviete wat saam met Serubbabel die seun van Sealtiël en Jesua die hoëpriester uit die ballingskap teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die leiers van die priesters en van hulle kollegas in Jesua se tyd. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy kollegas was verantwoordelik vir die lofprysing in die tempel. Hulle kollegas Bakbukja en Unni het regoor hulle gestaan tydens die diens. Jesua was Jojakim se pa, Jojakim op sy beurt was Eljasib se pa, Eljasib was Jojada se pa, Jojada was Jonatan se pa en Jonatan was die pa van Jaddua. Tydens Jojakim se regering was die volgende mans aan die hoof van die families van priesters: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, Adna van Garim, Gelkai van Merajot, Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, Kallai van Sallu, Eber van Amok, Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja. Die hoofde van die families van die Leviete is in die tyd van die priesters Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf. Dit was tydens die regering van Darius die Pers. Die Levitiese familiehoofde is in die Kroniekeboeke opgeskryf tot die tyd van Joganan die seun van Eljasib. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua die seun van Kadmiël. Tydens die lofprysing-en-aanbiddingsessies het hulle kollegas regoor hulle gestaan volgens Dawid, die man van God, se voorskrif. Dit was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was die hekwagte wat in bevel was van die voorraadkamers by die hekke. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim die seun van Jesua, die kleinseun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.

NEHEMIA 12:1-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hier volg ’n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang. Hulle medewerkers Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen. Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada; Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua. In die tyd van Jojakim was die volgende persone hoofde van die priesterfamilies: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, Adna van Garim, Gelkai van Merajot, Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, Kallai van Sallu, Eber van Amok, Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja. Tydens die regering van Darius van Persië, in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua, is die name van die familiehoofde van die Leviete en die priesters opgeskryf. Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot die tyd van Joganan seun van Eljasib. Die leiers van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Oorkant hulle was hulle medewerkers wat die Here moes loof en dank. Die groepe het regoor mekaar gestaan en beurtelings op mekaar gereageer soos Dawid, die man van God, aan hulle voorgeskryf het om te doen. Die ander was Mattanja, Bakbukja en Obadja. Mesullam, Talmon en Akkub was deurwagte wat by die voorraadkamers in die poorte diens gedoen het. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die priester en skrifkenner Esra diens gedoen.