Hier is die name van die priesters en Leviete wat uit die land Babel teruggekom het saam met Serubbabel seun van Sealtiël en saam met Jesua, Seraja, Jeremia en Esra: Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Meremot, Iddo, Ginnetoi, Abija, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en hulle families in die tyd toe Jesua hoëpriester was.
Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en ander saam met hom was die hoofde van die mense wat moes sing om vir die Here dankie te sê. Die Leviete Bakbukja en Unni het voor hulle gestaan wanneer hulle gesing het.
Jesua was die pa van Jojakim, Jojakim was die pa van Eljasib, Eljasib was die pa van Jojada, Jojada was die pa van Jonatan, en Jonatan was die pa van Jaddua.
Die hoofde van die priester-families in die tyd toe Jojakim die hoëpriester was: Meraja was die hoof van die Seraja-familie, Gananja van die Jeremia-familie, Mesullam van die Esra-familie, Joganan van die Amarja-familie, Jonatan van die Malluki-familie, Josef van die Sebanja-familie, Adna van die Garim-familie, Gelkai van die Merajot-familie, Sagaria van die Iddo-familie, Mesullam van die Ginneton-familie, Sikri van die Abija-familie, Piltai van die Minjamin-familie en van die Moadja-familie, Sammua van die Bilga-familie, Semaja van die Joganan-familie, Mattenai van die Jojarib-familie, Ussi van die Jedaja-familie, Kallai van die Sallu-familie, Eber van die Amok-familie, Gasabja van die Gilkija-familie en Netanel van die Jedaja-familie.
Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf op die naamlys in die tyd toe Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua die hoëpriesters was. Die name van die priesters is op die naamlys geskryf in die tyd toe Darius koning van die land Persië was. Darius was een van die mense van Persië. Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf in die dagboeke tot in die tyd toe Joganan seun van Eljasib die hoëpriester was. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Die ander Leviete saam met hulle het voor hulle gestaan om die Here te prys en vir Hom dankie te sê. Dawid, die man van God, het gesê die twee groepe moet só oorkant mekaar staan. Die ander hoofde van die Leviete was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat die stoorkamers by die poorte opgepas het. Hulle het dit gedoen in die tyd toe Jojakim, seun van Jesua seun van Josadak, die hoëpriester was. Dit was in die tyd toe Nehemia die goewerneur was en toe die sekretaris en priester Esra daar was.