Nehemia 12:1-26

Nehemia 12:1-26 AFR20

Die volgende is die priesters en Leviete wat saam met Serubbabel, seun van Sealtiël, en Jesua weggetrek het uit die ballingskap: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Mallug, Gattus, Seganja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja en Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hierdie manne was die hoofde van die priesters en hulle stamgenote in die tyd van Jesua. Die Leviete was: Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja wat moes leiding neem met die dankliedere, hy en sy ampsgenote, terwyl Bakbukja en Unni, hulle ampsgenote, volgens diensafdelings teenoor hulle plekke ingeneem het. Jesua het Jojakim verwek, Jojakim het Eljasib verwek, en Eljasib vir Jojada. Jojada het Jonatan verwek, en Jonatan het Jaddua verwek. In die tyd van Jojakim was die volgende priesters familiehoofde: van Seraja se familie was dit Meraja; van Jeremia, Gananja; van Esra, Mesullam; van Amarja, Joganan; van Mallug, Jonatan; van Sebanja, Josef; van Garim, Adna; van Merajot, Gelkai; van Iddo, Sagaria; van Ginneton, Mesullam; van Abia, Sigri; van Minjamin en Moadja, Piltai; van Bilga, Sammua; van Semaja, Jonatan; van Jojarib, Mattenai; van Jedaja, Ussi; van Sallu, Kallai; van Amok, Eber; van Gilkija, Gasabja; van Jedaja, Netanel. Wat die Leviete betref: In die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua is die familiehoofde opgeskryf, ook dié van die priesters, tot met die regering van Darius die Pers. Die nageslag van Levi, die familiehoofde, is opgeskryf in die boekrol met die kronieke, tot in die tyd van Joganan, seun van Eljasib. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua, seun van Kadmiël, met hulle ampsgenote wat, afdeling vir afdeling, teenoor hulle plek ingeneem het om te loof en te dank ooreenkomstig die opdrag van Dawid, die man van God. Mattanja, Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon en Akkub het in afdelings as poortwagte wag gehou by die voorraadkamers van die poorte. Hierdie manne het geleef in die tyd van Jojakim, seun van Jesua, seun van Josadak; en ook van Nehemia, die •streekgoewerneur, en Esra, die priester en skrifgeleerde.