Die volgende is ’n lys van die priesters en Leviete wat saam met Serubbabel die seun van Sealtiël en Jesua die hoëpriester uit die ballingskap teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, Amarja, Malluk, Gattus, Sekanja, Regum, Merajot, Iddo, Ginneton, Abia, Mijamin, Maädja, Bilga, Semaja, Jojarib, Jedaja, Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die leiers van die priesters en van hulle kollegas in Jesua se tyd.
Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy kollegas was verantwoordelik vir die lofprysing in die tempel. Hulle kollegas Bakbukja en Unni het regoor hulle gestaan tydens die diens.
Jesua was Jojakim se pa, Jojakim op sy beurt was Eljasib se pa, Eljasib was Jojada se pa, Jojada was Jonatan se pa en Jonatan was die pa van Jaddua.
Tydens Jojakim se regering was die volgende mans aan die hoof van die families van priesters: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, Adna van Garim, Gelkai van Merajot, Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, Kallai van Sallu, Eber van Amok, Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja.
Die hoofde van die families van die Leviete is in die tyd van die priesters Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf. Dit was tydens die regering van Darius die Pers.
Die Levitiese familiehoofde is in die Kroniekeboeke opgeskryf tot die tyd van Joganan die seun van Eljasib. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua die seun van Kadmiël. Tydens die lofprysing-en-aanbiddingsessies het hulle kollegas regoor hulle gestaan volgens Dawid, die man van God, se voorskrif. Dit was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam.
Talmon en Akkub was die hekwagte wat in bevel was van die voorraadkamers by die hekke.
Hierdie mense het in die tyd van Jojakim die seun van Jesua, die kleinseun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.