MARKUS 8:13-16

MARKUS 8:13-16 AFR83

Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan. Die dissipels het vergeet om brood saam te vat; hulle het net een by hulle in die skuit gehad. Jesus het hulle toe gewaarsku: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.” Hulle het toe vir mekaar gesê dit is omdat hulle nie brood het nie.

Video for MARKUS 8:13-16

Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 8:13-16