Markus 8:13-16

Markus 8:13-16 AFR20

Hy het hulle verlaat, weer in die skuit geklim en na die oorkant vertrek. Hulle het vergeet om brode saam te neem. Behalwe 'n brood, het hulle niks anders by hulle in die boot gehad nie. Jesus het hulle gewaarsku: “Pasop, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die •Fariseërs en die suurdeeg van Herodes. ” Hulle het toe onder mekaar bespiegel dat dit is omdat hulle nie brood het nie.

Video for Markus 8:13-16

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 8:13-16