Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op 'n pad sonder lig. Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek. Hy het my toegebou met 'n muur van gif en ontbering rondom my. Hy maak die donker my tuiste, ek is soos dié wat lankal dood is. Hy het 'n muur om my gebou, ek kan nie uitkom nie, Hy het vir my swaar bronskettings aangesit. Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor. Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie. Hy is soos 'n beer wat my inwag, soos 'n leeu wat my voorlê, Hy het my eenkant toe gekeer en verskeur, my vermink laat lê. Hy het sy boog gespan en my 'n teiken vir sy pyle gemaak. Hy het sy pyle diep in my liggaam ingeskiet. Ek word uitgelag deur my hele volk, hulle sing heeldag spotliedjies oor my. Hy het my bitter dinge laat sluk, die lewe vir my galbitter gemaak. Hy het my gruisklip laat kou, my in die grond getrap. Hy het alle rus van my af weggeneem; ek het al vergeet van voorspoed. Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas. Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop
Lees KLAAGLIEDERE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: KLAAGLIEDERE 3:1-21
5 Days
Pain. Sorrow. Anxiety. Anger. Relief. Numbness. Fear. Joy. The emotions that we feel when going through the grieving process are numerous. In this five-day devotional journey, we'll explore some of the every-day practicalities involved in the grieving process, all while helping to see God as present in a time where that may not be easy to see and feel.
6 dae
Klaagliedere is die "klaagmuur" van die Bybel, 'n versameling bedroefde gedigte wat by Jerusalem se begrafnis gelees word terwyl dit in die as gelê het nadat dit omvergewerp is. Reis daagliks deur Klaagliedere terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
20 Days
It is our hope and prayer that the devotionals that follow will warm your heart and lift your spirit as they lead you to lean on the Lord, our Shepherd and our Guide through the valley of grief.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's