JESAJA 64:6-9

JESAJA 64:6-9 AFR83

Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind. Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie. U het ons aan onsself oorgelaat, U laat ons wegkwyn deur ons sondes. U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. Moet tog nie aanhou kwaad wees vir ons nie, Here, moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie, onthou tog ons is almal u volk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 64:6-9