Jesaja 64:6-9

Jesaja 64:6-9 DB

Ons het almal geword soos ’n ding wat niemand meer wil hê nie. Alles wat ons gedink het reg is, is maar soos vuil klere. Ons almal is soos blare wat van die boom afval en saam met die wind weggewaai word. Nie een van ons het tot U gebid of U gevra om ons te help nie. U het daarom van ons padgegee en ons aan ons eie oortredings oorgelaat. U is tog ons Vader, Here. Ons is die klei waaraan U ’n vorm gegee het. U hande het ons almal gemaak. Moet tog nie so verskriklik kwaad bly vir ons nie, Here. Hou tog op om ons sonde vir altyd teen ons te hou. Hou tog in gedagte dat ons almal aan u volk behoort.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jesaja 64:6-9