Jesaja 64:6-9

Jesaja 64:6-9 AFR20

Ons almal het geword soos iets wat onrein is, soos 'n besoedelde kledingstuk is al ons geregtighede. Ons almal het verwelk soos blare, en soos die wind het ons sondeskuld ons weggedra. Daar is niemand wat u Naam aanroep of homself wakker skud om aan U vas te hou nie; want U het u gesig vir ons verberg, ons oorgelewer aan die greep van ons sondeskuld. Maar nou, HERE, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Moenie mateloos toornig wees nie, HERE; moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jesaja 64:6-9