JESAJA 44:21-28

JESAJA 44:21-28 AFR83

Dink hieraan, Jakob, dink hieraan, Israel, want jy is my dienaar; Ek het jou gemaak, jy is my dienaar. Ek sal jou nie verlaat nie, Israel. Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos. Juig, hemel, oor wat die Here gedoen het, jubel, dieptes van die aarde, wees bly en juig, berge en bosse, want die Here het vir Jakob, vir Israel, verlos, die Here het sy mag laat blyk. So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie. Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak, Ek maak die waarsêers belaglik. Ek weerlê dié geleerde mense, Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid. Ek bevestig die woorde van my dienaar, Ek bring wat my boodskappers aangekondig het, tot vervulling. Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word, en van die stede van Juda: Hulle moet weer opgebou word, en Ek self bou Jerusalem se ruïnes weer op. Ek sê vir die diep waters van Babel: Droog op! Ek sal jou riviere laat opdroog. Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel, jy moet my wil uitvoer, jy moet van Jerusalem sê: “Hy moet weer opgebou word en die tempel moet herstel word.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 44:21-28