JESAJA 44:21-28

JESAJA 44:21-28 NLV

“Onthou hierdie dinge, Jakob, want jy is my dienaar, Israel. Ek het jou gemaak. Jy is my dienaar. Ek sal nie vergeet om jou te red nie, Israel. Ek het jou sondes weggevee soos wolke verdwyn. Ek het jou oortredings soos wolke laat verdwyn. Keer terug na My toe, want Ek het die prys betaal om jou vry te koop.” Sing van blydskap, hemel, want die HERE het dit gedoen. Roep hard, dieptes van die aarde! Breek uit in sang, berge, en elke boom en bos! Want die HERE het Jakob gered. Hy vertoon sy heerlikheid in Israel. So sê die HERE, jou Redder wat jou in die moederskoot gevorm het: “Ek is die HERE wat alles geskep het. Ek alleen het die hemel oopgespan. Ek alleen het die aarde gevorm. Ek stel vals profete as leuenaars aan die kaak, Ek ontbloot waarsêery as gekheid, Ek onthul kennis van wyses as dwaasheid. Maar Ek bevestig die woorde van my profete en vervul die voorspellings van my boodskappers wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’ Van hulle ruïnes sê Ek: ‘Ek sal hulle herstel.’ Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’ sal dit opdroog. En wanneer Ek van Kores sê: ‘Hy sal my herder wees,’ sal hy alles doen wat Ek sê. Van Jerusalem sal hy sê: ‘Dit moet herbou word!’ Van die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word.’”

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 44:21-28