1 SAMUEL 17:55-58

1 SAMUEL 17:55-58 AFR83

Toe Saul vir Dawid sien uitgaan om die Filistyn te ontmoet, het hy vir Abner die hoof van die leër gevra: “Abner, wie se kind is dié jong man tog?” Abner het geantwoord: “So seker as u leef, U Majesteit, ek weet nie.” Die koning sê toe: “Vra jy tog wie se kind die jong man is.” Toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom gevat en voor Saul gebring met die kop van die Filistyn nog in sy hand. Saul het vir hom gevra: “Seun, wie se kind is jy?” “Die kind van u onderdaan Isai, uit Betlehem,” het Dawid geantwoord.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 17:55-58