1 Samuel 17:55-58

1 Samuel 17:55-58 DB

Saul het gesien hoe Dawid teen die Filistyn gaan veg, waarop hy vir Abner, sy groot generaal, gevra het: “Wie se kind is dit, Abner?” “Ek weet sowaar nie, U Majesteit,” het hy geantwoord. “Vind vir my uit wie se kind is die jong man,” het die koning gesê. Toe Dawid terugkom by die kamp nadat hy die Filistyn doodgemaak het, het Abner hom na Saul toe gebring. Hy het die kop van die Filistyn nog by hom gehad. Saul vra hom toe: “Wie se kind is jy, seun?” Dawid het geantwoord: “Ek is die kind van Isai, u onderdaan wat in Betlehem bly.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Samuel 17:55-58