1 Samuel 17:55-58

1 Samuel 17:55-58 AFR20

Net toe Saul sien dat Dawid uitgaan om die Filistyn aan te durf, het hy vir Abner, die bevelvoerder van die leër gevra: “Wie se seun is hierdie jong man, Abner?” Abner het geantwoord: “So waar as wat u leef, o koning, ek weet nie!” Die koning sê toe: “Vra jý wie se seun die jongeling is.” Net toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring. Die kop van die Filistyn was nog in sy hand. Saul vra toe vir hom: “Wie se seun is jy, jong man?” Dawid het geantwoord: “Die seun van u dienaar Isai, uit Betlehem.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Samuel 17:55-58