1 SAMUEL 17:55-58

1 SAMUEL 17:55-58 NLV

Toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn aan te durf, vra hy vir Abner, die hoof van die leër: “Wie se seun is hierdie jong man, Abner?” Abner antwoord: “Ek weet regtig nie, Koning!” “Dan moet jy uitvind wie die jong man is,” beveel Saul. Nadat Dawid die Filistyn doodgemaak het, bring Abner hom na Saul toe. Die kop van die Filistyn was nog in sy hand. Saul sê vir hom: “Sê my wie se kind is jy, my seun?” Dawid antwoord: “Ek is die seun van u onderdaan Isai. Ons woon in Betlehem.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 17:55-58