Psalms 42:8-9

Psalms 42:8-9 DB

In die agtergrond bruis die waterstrome. Net soos die watermassas oor die stompe en klippe slaan, so het U ’n groot klomp swaarkry en hartseer oor my laat spoel. Maar die Here sal my weer bevry. Bedags sal Hy by my wees met sy liefde, terwyl ek in die nag lofliedere vir Hom sal sing. In my gebed sal ek by Hom wees. Ek sal tot Hom bid, want Hy is die God wat my oppas.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid