U het my gered. U het gesorg dat ek nie ondergaan nie. U het my nie aan die mense wat my haat, uitgelewer nie. Wees goed vir my, Here, want ek is diep in die moeilikheid. Ek is doodmoeg van al die huil. Ek is totaal uitgeput. Ja, ek word al hoe maerder omdat ek my lê en bekommer. Al die swaarkry maak my oud voor my tyd. My moeilikheid laat my kragte afneem sodat ek so maer word. Daar is mense wat my tot ’n val wil bring. Hulle sorg dat almal my uitlag. Mense met wie ek bevriend was, wil niks met my te doen hê nie. Elkeen wat naby my kom, spot met my. Hulle vlug weg sodat hulle my nie hoef te sien nie. Mense maak of ek nie meer bestaan nie. Ek is soos ’n dooie wat besig is om te verrot. Ja, ek het gehoor hoe mense stories oor my loop en vertel. Agteraf maak hulle planne om my dood te maak. Hulle span saam teen my. Hulle wil my doodmaak. Maar ek vertrou op U, Here. Ek sê vir U dat U my God is. U beheer my lewe van begin tot end. Red my van hulle wat niks vir my omgee nie. Help my, Here. Kyk na my kant toe. Wys vir my hoe groot u liefde vir my is. Moet my nie in die steek laat nie, Here, want ek bid dag en nag tot U. Laat hulle wat weier om U te dien, sleg daarvan afkom. Mag hulle van die aarde af verdwyn. Dan sal hulle stem stil word.
Lees Psalms 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 31:9-18
6 Days
Have you lost someone or something you love to death, divorce, or other tragedy? In Love and Loss, Chuck and Ashley Elliott guide participants to reflect upon their journey, identify unseen elements of grief, and illuminate steps to reframe and rebuild their lives, all while pointing to Scripture as a source of hope and direction.
7 dae
Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's