U het my nie oorgegee in die mag van vyande nie, maar my ’n veilige staanplek gegee. HERE, wees my genadig, want ek is in nood. My trane verdof my oë. My siel en liggaam kwyn weg. Ek sterf van verdriet; droefheid verkort my lewe. Ellende het my kragte uitgeput; ek kwyn weg van binne af. Al my vyande het my geminag, my bure het my verag, vir vriende was ek ’n verskrikking. Op straat draai hulle weg van my. Ek word vergeet asof ek dood is, soos ’n ding wat vergaan. Ek hoor baie fluisteringe oor my, en daar is angs van alle kante. My vyande span saam teen my; hulle maak planne om my dood te maak. Maar ek vertrou op U, HERE, ek sê: “U is my God!” My toekoms is in u hande. Red my van vyande en vervolgers. Laat u guns oor u dienaar skyn, red my deur u troue liefde. Moenie dat ek in die skande kom nie, HERE, want ek roep tot U om hulp. Laat die goddeloses in die skande kom, en in stilte neerdaal in die graf.
Lees PSALMS 31
Luister na PSALMS 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 31:9-18
6 Days
Have you lost someone or something you love to death, divorce, or other tragedy? In Love and Loss, Chuck and Ashley Elliott guide participants to reflect upon their journey, identify unseen elements of grief, and illuminate steps to reframe and rebuild their lives, all while pointing to Scripture as a source of hope and direction.
7 dae
Wanneer ’n geliefde sterf, word ons wêreld onderstebo gekeer. En terwyl ons as Christene die troos het om te weet dat ons die ewige lewe saam met God en ons geliefdes gaan deurbring, bly dit menslik om te rou oor hierdie verlies. In hierdie 7 dagstukke, geneem uit WANNEER ’N GELIEFDE STERF, lei dr. Henk Gous jou deur hierdie donker tyd sodat jy jou gemoed kan begin kalmeer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's