Ek wil vir die Here baie dankie sê. Hy beskerm my. Hy leer my hoe om oorlog te maak. Hy is goed vir my en beskerm my. Hy hou my veilig en help my as dit nodig is. By Hom voel ek veilig. Hy laat my mense aan my gehoorsaam wees. Here, wat is ’n mens dat U U aan hom steur? Die mens is soos ’n skaduwee. Sy lewe is nie lank nie. Here, kom tog na ons toe. Raak aan die berge sodat daar rook uit hulle trek. Laat u weerlig soos pyle slaan sodat u vyande in alle rigtings weghardloop. Red my van die spul vreemde mense wat net lieg en bedrieg, soos U iemand uit ’n magtige rivier sou red. Ek wil ’n lied sing wat ek spesiaal net vir U geskryf het, o God. Met musiekinstrumente wil ek u Naam grootmaak. U laat konings wen; U keer dat koning Dawid iets oorkom. Help my asseblief teen die klomp vreemde mense wat net lieg en bedrieg. Wees baie goed vir ons kinders. Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees. Laat ons skure vol wees van die oes en ons skape en bokke by die tienduisende aanteel en ons beeste baie kalwers hê. Mag ons vyande nooit ons stad inneem en ons as gevangenes daaruit weglei nie. Mag ons mense nooit in die stad skree omdat hulle daar bang is nie. Die volk met wie dit so gaan, is baie gelukkig. Ja, gelukkig is die volk wie se God die Here is.
Lees Psalms 144
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 144:1-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's