As jy vir iemand borg gestaan het, is jy dom. Jy het ’n groot geldlas op jouself gelaai. As jy ’n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom. Deur jou woorde en dade word jy gevang. Jy word ’n gevangene van harde besigheidsmense. Probeer so vinnig moontlik uit hierdie knyptang kom. Moenie eens gaan slaap nie. Steek jou trots in jou sak en gaan praat dadelik met daardie mense. Pleit. Soebat. Veg. Hou aan soos ’n wildsbok in ’n strik en ’n voëltjie in ’n voëlvanger se net, totdat jy vry is.
Lees Spreuke 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 6:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's