Spreuke 6:1-5

Spreuke 6:1-5 AFR20

My seun, as jy vir jou medemens borg gestaan het, vir 'n vreemde jou hand gegee het, as jy in 'n strik getrap het deur die woorde van jou mond, vasgevang is deur die woorde van jou mond, doen dan dit, my seun, om jouself te bevry, want jy het in die palm van jou medemens se hand beland: Gaan – verneder jouself! Loop reguit op jou medemens af! Laat jou oë nie toe om te slaap, en jou ooglede om in te sluimer nie. Ruk jouself los soos 'n gasel uit die hand van 'n jagter, soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 6:1-5