My seun, as jy borg staan vir jou vriend of instaan vir die skuld van ’n vreemdeling; as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ’n strik gestel het deur jou woorde, dan moet jy gou iets daaraan doen, my seun! Jy het beland in die mag van jou vriend. Gaan probeer jouself loskry. Gaan dring nederig by hom aan om dit nietig te verklaar. Moenie nog slaap nie. Moenie dit los vir ’n ander dag nie. Red jou uit sy mag soos ’n wildsbok wat die jagter afskud. Kom daaruit soos ’n voëltjie wat ontsnap uit die net van ’n voëlvanger.
Lees SPREUKE 6
Luister na SPREUKE 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 6:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's