Spreuke 3:13-20

Spreuke 3:13-20 DB

Iemand wat elke dag reg leef en met insig optree, se lewe is vol geluk. Die blydskap wat uit ’n wyse lewe straal, is baie kosbaar. Dit is baie meer werd as al die banke se geld en al die myne se goud, baie meer as die allerkosbaarste dinge wat jy graag wil hê. Nog ’n voordeel van ’n wyse manier van leef, is ’n lang lewe vol rykdom en eer. Dit bring baie aangename dinge. Dit bring vrede binne-in jou. Wysheid is soos ’n boom. Wie daaronder skuil, vind vreugde. Wysheid is die belangrikste in die lewe. Selfs God het alles met wysheid geskep. Met wysheid het God die aarde gemaak en die hemele met insig aanmekaargesit. Sy kennis het fonteine uit die dieptes laat opspring en het wolke reën gegee.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid