SPREUKE 3:13-20

SPREUKE 3:13-20 NLV

Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry. Wysheid het meer voordele as geld. Haar beloning is meer werd as goud. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer, vergelyk daarmee nie. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd. Die HERE het die aarde met wysheid op sy plek neergesit, met insig die hemel oopgespan. Deur sy kennis het water uit die diep fonteine geborrel en het daar reën uit die wolke geval.