Spreuke 3:13-20

Spreuke 3:13-20 AFR20

Hoe gelukkig is 'n mens wat wysheid vind, en 'n mens wat verstandigheid verkry! Ja, die wins wat wysheid lewer, is meer as dié van silwer, meer as dié van goud is haar opbrengs. Sy is kosbaarder as koraal; niks wat jy begeer, kan met haar vergelyk word nie. 'n Lang lewe is in haar regterhand, en in haar linkerhand, rykdom en eer. Haar weë is aangename weë, en al haar paaie is vrede. 'n Boom van lewe is sy vir hulle wat haar aangryp, en hulle wat haar vashou, word elkeen gelukkig genoem. Die HERE self het die aarde gegrondves met wysheid, die hemel gevestig met verstand. Deur sy kennis is die •oerwaters gekloof en drup die wolke dou.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid