Selfs ’n wyse regter moet hoor: “’n Partydige uitspraak is verkeerd.” Wie die skuldige vryspreek, sal deur niemand weer vertrou word nie. Wie die regte oordeel vel, sal die goeie van die lewe geniet. Mense hou baie van iemand wat eerlik is en reguit op vrae antwoord. Kry eers ’n goeie werk voordat jy ’n huis bou. Verdien eers genoeg voordat jy met ’n gesin begin. Moenie leuens oor ander vertel of iemand doelbewus in ’n swak lig stel nie. Moenie wraaksugtig wees nie. Moenie iemand terugkry vir wat hy aan jou gedoen het nie. Die wysheidsleraar sê: “Ek het by die huis van ’n luiaard verbygeloop. Alles was so verwaarloos. Niks word in stand gehou nie. Die gras is lank. Oral groei die onkruid welig. Boonop was die muur voor die huis stukkend. Toe ek dit sien, het ek daaroor nagedink. Hoekom is dit so? Uiteindelik het ek ’n antwoord gekry: luiheid bring armoede. Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie insluimer, nog ’n bietjie niks doen, en skielik oorval die armoede jou. Van die honger en die koue sal jy nog doodgaan.”
Lees Spreuke 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 24:23-34
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's