Deuteronomium 15:7-11

Deuteronomium 15:7-11 DB

“Wanneer ’n mede-Israeliet in een van die dorpe van die land wat die Here aan jou gaan gee tog arm word en nie kos het om te eet nie, moet jy hom help. Jy mag nie jou hart en jou hand vir jou broer toemaak nie. Jy moet jou hand en jou beursie oopmaak en vir jou broer genoeg geld vir kos en klere leen. Moenie dink die sewende jaar is naby en dan weier om jou broer te help nie. Hy sal met die Here gaan praat; dan sal jy skuldig staan. Jy moet jou broer help sonder om te kla. Die Here sal jou dan in alles voorspoedig maak. Armes sal daar altyd wees; daarom moet jy sensitief vir jou broer se swaarkry wees.