“ As daar tog in jou land, wat die HERE jou God aan jou gaan gee, in een van jou dorpe 'n behoeftige persoon is, een van jou volksgenote, dan moet jy nie jou hart verhard nie en nie jou hand toehou vir jou behoeftige volksgenoot nie. Nee, jy moet jou hand vir hom wyd oopmaak en aan hom leen sonder voorbehoud, soveel as wat hy nodig het, wat ook al sy behoefte is. “Wees versigtig dat daar nie in jou hart die slinkse gedagte opkom om te dink, die sewende jaar, die jaar van kwytskelding kom nader nie, en jy dan jou oë sluit vir jou behoeftige volksgenoot en jy nie vir hom iets gee nie. Hy sal hom op die HERE beroep teen jou, en dan staan jy skuldig. Gee milddadig aan hom; en wanneer jy vir hom gee, moet dit nie met 'n teensinnige hart wees nie. Om hierdie rede sal die HERE jou God jou immers seën in al jou werk, in alles waaraan jy jou hand waag. Ja, behoeftiges sal nie uit die land verdwyn nie. Daarom beveel ek jou: Maak jou hand wyd oop vir jou volksgenoot, vir die magtelose en die behoeftige in jou land.”
Lees Deuteronomium 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Deuteronomium 15:7-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's